Family friendly

Die Krip Landboufees 2024

Fri Aug 23, 10:00 - Sat Aug 24, 22:00

Die Krip Landboufees

ABOUT

Na 2 baie suksesvolle landboufeeste in September 2022 en Augustus 2023, beplan die span by Die Krip Landboufees 'n selfs groter en beter landboufees vir 2024. Vanjaar se fees vind plaas van Vrydag, 23 Augustus tot Saterdag, 24 Augustus, by “Die Krip”, 12 km buite Magaliesburg op die R509. Die Vrydag kan jy kom luister na verskeie insiggewende praatjies oor boerdery deur bekende landbousprekers. Saterdag oggend is Amore Bekker en Willie Strauss aan die beurt met die damesprogram en laat middag sorg die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Bok van Blerk, Bernice West en Gerhard Steyn vir 'n behoorlike makietie. 


Kom smul aan heerlike tradisionele feeskos soos pannekoek, vetkoek, biltong en ander lekkernye, of snuffel deur die talle stalletjies met 'n verskeidenheid handgemaakte produkte, asook 'n groot verskeidenheid produkte, implemente en voertuie vir boere. Dagboek sommer nou reeds die datum, 23 - 24 Augustus. Moenie vanjaar se landboufees misloop nie!

DIRECTIONS

Die Krip Landboufees 2024
Die Krip Landboufees
R509, Magaliesburg, 1791
Get Directions