Family friendly

Pinocchio

Thu Jul 25, 10:00 - Sat Jul 27, 12:00

The Village Theatre

ABOUT

Pinocchio, ’n musikale komedie by The Village Theatre Polokwane

Donderdag, 25 Julie tot Saterdag 27 Julie (Datums en tye onderaan)


Ten bate van Solidariteit Helpende Hand (deel van die Solidariteit Beweging).

Machiel Roets, die bekende komponis, liriekskrywer, en musiekregisseur van Liefling die blyspel, Aspoestertjie, en Pretville, bring binnekort die onweerstaanbare Pinocchio, 'n musikale komedie na die verhoog. Hierdie produksie belowe ’n meesleurende ervaring vir die hele gesin – 'n betowerende samevoeging van oorspronklike musiek, humor, nostalgie, en uitmuntende karaktervertolkings deur 'n uitsonderlike toneelgeselskap. Die geliefde marionet, Pinocchio, behou sy oorspronklike sjarme terwyl hy weer lewe ingeblaas word.


"Pinocchio, ’n musikale komedie" sal by The Village Theatre op die planke wees vanaf Donderdag, 25 Julie - Saterdag 27 Julie (Volledige datumlys verskyn onder).


Soli Philander met sy ervaring as komediant gaan jou maagspiere van lag laat werk as die uitgeslape Mario.

Pinocchio word vertolk deur die jong Henrico Grobler van die Moot en sy neus graan regtig voor die gehoor groei.


BESPREKINGS by quicket of

whatsapp 079 902 4775

R180 volwassenes, R150 laerskool kinders & R100 kleuterskool


DATUMS EN TYE

Julie

25 Julie 18:30

26 Julie 10:00

26 Julie 14:00

26 Julie 18:30

27 Julie 10:00

DIRECTIONS

Pinocchio
The Village Theatre
115 Diemeer St, Welgelegen (N), Polokwane, 0699
Get Directions