No under 13s

Ballade van 'n Blikbrein en Stuur groete vir die Moot

Fri Jun 21, 19:00 - Sat Jun 22, 20:30

Wilge-Teater

ABOUT

Kom geniet 'n aand met twee Een Man Vertonings by die Wilge Teater


Ballade van 'n Blikbrein:

Ballade van Blikbrein is vars, uitdagende eenman-komedie. Blikkies Bliknaut is robot wat soos mens lyk, maar hiper-slimmer en hiper-sterker. Tog smag hy na iets anders: hy het nie emosies nie en hy kan nie sy eie besluite neem nie. Sy denke en aksies word deur sy algoritmes voorgeskryf. Via vele komiese, maar ook hartseer situasies, beleef ons Blikkies se tevergeefse pogings om die leemtes in sy mondering aan te vul. Die kinkel aan die einde verras selfs vir Blikkies. Hierdie stuk uit die pen van die bewese komedie-skrywer Barry van Rensburg, daag die gehoor uit om die robot binne elkeen van ons te ontdek. Ballade van Blikbrein is humor wat hoop gee.


Stuur Groete vir die Moot:

'n Een man vertoning vertolk deur Kaz McFadden, teks en regie deur Lara Lourens.

Stuur groete vir die Moot volg die verhaal van Henry en sy lewe soos hy groot geword het in die Moot. Ons volg sy storie en verhoudings met sy mede mense in 'n opwindende rit van geluk en tragedie.