Demi Lee Moore live by Kapstadt Brauhaus Durbanville

Wed Jul 3, 19:30 - Wed Jul 3, 20:45

Kapstadt Brauhaus Durbanville

ABOUT

Nadat Demi Lee Moore as wenner van die eerste Die Kontrak-televisieprogram aangewys is, was haar paadjie in die Afrikaanse musiekbedryf geplavei na sukses soos sy hoogtes behaal het. Haar eerste album, Mis Eet Slaap Herhaal, het skaars die rakke getref toe dit binne tien dae goue status behaal het met winkels wat ook nie kon voor bly soos voorraad van hul rakke afgevlieg het nie. Sedetdien het sy diep in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte ingekruip met treffers soos “Wie Se Hart Breek Jy Vanaand”, “Maak My Jou Tequila” en kragtige weergawes van internasionale treffers soos “It’s All Coming Back To Me Now” , “Amanda” en “Coat Of Many Colours”.


Demi Lee het kykers van Die Kontrak se aandag vinnig getrek en groot opslae gemaak met haar en Monique Steyn se vertolking van die gewilde vertolking van die Amerikaans countrysangeres, Cam, se treffer Diane. Hulle het selfs Cam se aandag getrek en dié ster het hulle op sosiale media gekomplimenteer met hul weergawe.

Daarna het Demi Lee aanhangers verder bederf met haar sielvolle vertolking van Amanda saam met Steve Hofmeyr. Sy het toe nóg dieper in musiekliefhebbers se harte kruip met haar album, Country. Met dié album het sy aanhangers noot na noot betower soos sy ou goue treffers met haar eie unieke aanslag vertolk het. Hierdie album het ook goue verkope geniet.


Een van haar hoogtepunte is ook die insluiting van haar en haar mentor, Arnold Coleske, direkteur van Coleske Artists en voormalige lid van die SAMA-bekroonde duetpaar, Coleske se duet, If I Needed You.

Daarna het Demi Lee en kollega, Bobby van Jaarsveld - wat ook onder die Coleske-vaandel is - teen die einde van 2019 hul duet, Ek Weet Al Lankal, vrygestel. Dié liedjie is besonders goed ontvang deur altwee dié kunstenaars se aanhangers. Johan Oberholzer, wat die liedjie geskryf het, het ook vertel dat hy juis dié liedjie spesiaal vir Bobby en Demi geskryf het. Volgens haar is een van die grootste voorregte ook om met tye ’n verhoog saam met die groot liefde in haar lewe, Barthlo te kan deel en dat sy Arnold Coleske haar mentor kan noem. Dié Kaapse musikant en liedjieskrywer, wat onlangs ’n Pretorianer geword het, het ook onlangs Nederlandse harte verower met ’n vertoning in een van Amsterdam se mees gesogte konsertgeboue.



DIRECTIONS

Demi Lee Moore live by Kapstadt Brauhaus Durbanville
Kapstadt Brauhaus Durbanville
Heritage Square C/O Gladstone and, Vrede St, Durbanville, Cape Town, 7550
Get Directions