FREE OPTIONS

InFusion (2024 Kwartaal 3)

Thu Jul 18, 18:30 - Thu Aug 29, 21:00

Communitas

ABOUT

Ons wil graag hê jy moet jou plek hier by Oosterlig vind.

Niemand van ons wil net ’n nommer in ’n groot groep mense wees nie, daarom bied Oosterlig die InFusion Nuwe Lidmaatkursus aan.

Ons bied dit twee keer per jaar vir al ons nuwelinge in die gemeente aan.

Die kursus beloof om jou geestelik te versterk en nader aan Jesus te bring, maar ook nader aan ander mense.


Kursusdatums: Donderdae (6 weke)

18 Julie, 25 Julie, 1 Augustus, 15 Augustus, 22 Augustus & 29 Augustus

Jou bespreking is geldig vir die hele kursus, dus hoef jy net een keer per persoon te bespreek.

Ons eet almal om 18:30 saam en begin 19:00 met die kursus.

Daar is geen kostes aan die kursus verbonde nie.


Oppasdiens vir kinders is beskikbaar

Bespreek asb. vooraf vir die oppasdiens onder jou kaartjie-bespreking.

A.g.v. allergieë en voorkeure is verversings ouers se verantwoordelikheid.

Speel- en slaapgoed van kinders se keuse mag saamgestuur word.

Beskikbaar as deel van Oppasdiens:

  • Water
  • Fliek
  • Inkleurgoed
  • Noodhulptassie


Besprekings vir InFusion sluit op Sondag, 14 Julie 2024.


DIRECTIONS

InFusion (2024 Kwartaal 3)
Communitas
469 Lea St, Waterkloof Glen, Pretoria, 0010
Get Directions