Hoërskool Stellenbosch - Rooi Rissie Restaurant - Groep 2

Thu Aug 1, 18:30 - Fri Aug 23, 21:00

Hoërskool Stellenbosch

ABOUT

Ervaar kulinêre uitnemendheid by Hoërskool Stellenbosch - Groep 2


Sluit by ons aan vir 'n onvergeetlike aand by die Rooi Rissie Restaurant, waar ons talentvolle Graad 12 Gasvryheidsstudie-leerders hulle vaardighede gaan ten toon stel. Moenie hierdie vyfgang-ete-ervaring misloop nie.

U is welkom om u eie bottel wyn saam te bring. Kaartfasiliteite is beskikbaar vir die aankoop van nie-alkoholiese drankies.


Vyf en dertig Matriekleerders neem Gasvryheidstudie as vak en is in twee groepe verdeel. Daar is twee aande opsy gesit vir elke groep, maak seker dat u vir die regte groep bespreek. Hierdie bespreking is vir Groep 2.


Die datums vir Groep 2 is 1 Augustus en 23 Augustus om 18:30 - daar is vir elke aand kaartjies vir 28 gaste beskikbaar.


Moenie hierdie geleentheid misloop om ons aspirant-sjefs te ondersteun en 'n aand van uitmuntende eetgenot te ervaar nie.

DIRECTIONS

Hoërskool Stellenbosch - Rooi Rissie Restaurant - Groep 2
Hoërskool Stellenbosch
Jannasch Rd, Mostertsdrift, Stellenbosch, 7600
Get Directions