Die Valiant Swart Band live by Daisy Jones

Sat Jul 20, 17:00 - Sat Jul 20, 23:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Die Valiant Swart Band is al op die SA musiektoneel sedert 1990.

Deur die jare het ‘n wye verskeidenheid musikante in die band gespeel. Baie van hulle se loopbane het in die band begin.

Vandag is hulle almal gesoute, professionele musikante, wat al by elke fees denkbaar opgetree het, asook in elke klein ‘dive bar’ met ‘n verhoog en ‘n klankstelsel. Daarby was die meeste van hulle betrokke by een of almal van Valiant se agtien studio-albums.


Op Saterdag 20 Julie betree die volle vyfstuks-band die verhoog by Daisy Jones Bar, Summerhill, Stellenbosch.

Die ‘line-up’ bestaan uit Jorik Pienaar (dromme), Schalk van der Merwe (baskitaar) Simon Orange (klawers), Illimar Neitz (kitaar) en Valiant (kitaar en mondfluitjie).

Maak seker jy vertel al jou pelle en bespreek betyds jou kaartjie – ‘n vol-vyfstuks Valiant Swart Band show is baie skaars…

Sien jou daar!


Sat 20 Julie

Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

Deure maak 17h00 oop

Vertoning begin 20h00

Kaartjies R200 aanlyn by Quicket - https://qkt.io/59uSm8

Tafelbesprekings noodsaaklik: WhatsApp 064 968 2015 (Let asb dat tafels gedeel word)


DIRECTIONS

Die Valiant Swart Band live by Daisy Jones
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions