No under 13s

Speelfilm | Feature Film: Som van twee

Wed Aug 28, 20:00 - Wed Aug 28, 22:15

Rotunda at The Bay Hotel

ABOUT

SPEELFILMS | FEATURE FILMS

 

Oorspronklike draaiboeke en boekverwerkings het Silwerskermgehore oor die afgelope twaalf jaar bekoor in die opwindende afdeling vir speelfilms. ’n Jaarlikse hoogtepunt van die fees is hierdie rolprent-ervarings, geskep deur die room van die plaaslike bedryf in ’n verskeidenheid van filmgenres wat fokus op eg Suid-Afrikaanse verhale.


Original screenplays and book adaptations have thrilled Silwerskerm audiences over the past twelve years in the prolific landscape of full-length feature films. As an annual highlight of the festival, strong, experienced producers and directors guide teams of skilled crew and cast to create full feature experiences in a variety of film genres focusing on authentic South African stories. These premieres showcase the cream of the local industry.


Som van twee


GENRE: Komedie-drama / Comedy Drama

REGISSEUR | DIRECTOR: Simoné Pretorius

KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Werner Botha

SKRYWER | WRITER: Liani Jansen van Rensburg

DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Simoné Pretorius

ROLVERDELING | CAST: Louw Venter, Adriaan Havenga, James Borthwick, Greteli de Swardt, Righard van Jaarsveld, Pierre Breytenbach

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Second Circle Films

OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: 13 L


Henk is ’n ervare sielkundige, maar ná die verlies van sy vrou, Nicolene, is hy magteloos om homself te help. Hy kan ook nie deurdring tot sy seun, Renier, nie wat sy pyn agter woede en ontkenning verberg. Tydens Nicolene se begrafnis bieg Henk dat hy destyds die matriek-Wiskundevraestel aan die ganse Barberton uitgelek het. ’n Ondersoek volg en die hele klas van 1990 moet die eksamen herskryf of hul matrieksertifikaat verloor. Henk vra Renier om hom te tutor, maar dit sukkel. En sy ou klasmaats is woedend oor die moeilikheid wat hy veroorsaak het. Dinge ruk hand uit en bring Henk voor ’n onmoontlike keuse te staan.


Henk is an experienced psychologist, but after the loss of his wife, Nicolene, he is powerless to help himself. He also can’t get through to his son, Renier, who hides his pain behind anger and denial. During Nicolene’s funeral, Henk confesses that he had once leaked the matric math exam paper to the entire town of Barberton. An investigation follows, and the whole class of 1990 must either retake the exam or lose their matric certificate. Henk asks Renier to tutor him, but it’s a struggle. His old classmates are furious about the trouble he has caused. Things spiral out of control, forcing Henk to make an impossible choice.





VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:

Instagram

Facebook

DIRECTIONS

Speelfilm | Feature Film: Som van twee
Rotunda at The Bay Hotel
69 Victoria Rd, Camps Bay, Cape Town, 8001
Get Directions