Speelfilm | Feature Film: Hier.Na
Thu Aug 29, 20:00 - Thu Aug 29, 22:15
Rotunda at The Bay Hotel
ABOUT
Hierdie item is uitverkoop, maar klik hier vir die tweede vertoning op Saterdag, 31 Augustus.
This screening is sold out, but please visit this link to book seats for the screening on Saturday, 31 August.
SPEELFILMS | FEATURE FILMS
Oorspronklike draaiboeke en boekverwerkings het Silwerskermgehore oor die afgelope twaalf jaar bekoor in die opwindende afdeling vir speelfilms. ’n Jaarlikse hoogtepunt van die fees is hierdie rolprent-ervarings, geskep deur die room van die plaaslike bedryf in ’n verskeidenheid van filmgenres wat fokus op eg Suid-Afrikaanse verhale.
Original screenplays and book adaptations have thrilled Silwerskerm audiences over the past twelve years in the prolific landscape of full-length feature films. As an annual highlight of the festival, strong, experienced producers and directors guide teams of skilled crew and cast to create full feature experiences in a variety of film genres focusing on authentic South African stories. These premieres showcase the cream of the local industry.
Hier.Na
GENRE: Drama
REGISSEUR | DIRECTOR: Quanita Adams
KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Ebrahim Hajee
DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Quanita Adams
ROLVERDELING | CAST: David Isaacs, Quanita Adams, June van Merch, Shiefaa Hendricks, Lyle October, Emile Smit
PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Blended Films
OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: 13 L
Die Burgess-familie is ’n tipiese moderne, kultureel gemengde Suid Afrikaanse gesin in die noordelike voorstede van Kaapstad, bo-op ’n heuwel, onder ’n kruis. Eric is sekulêr, maar sy vrou, Juleigha, wat verkies om Julie genoem te word, is ’n niepraktiserende Moslem. Hulle het twee kinders. Dean is ’n professionele aanlyn gamer, en Leila, ’n mediese student vier haar Moslem-identiteit, wat sy onlangs herontdek het – iets wat haar ma woes irriteer. Toe Julie skielik aan ’n hartaanval sterf, onderneem Leila om vir haar ’n Moslem-begrafnis met die hulp van Julie se ma te reël. Dit krap die hele familie om. Almal moet nou jare se konflikte en onderstrominge binne een onstuimige dag navigeer sodat Julie, soos Moslem-tradisie vereis, voor sonsondergang begrawe kan word.
The Burgess family is a typical modern, culturally blended South African family in the northern suburbs of Cape Town, on top of a hill, under a cross. Eric is secular, but his wife, Juleigha, who prefers to be called Julie, is a non-practicing Muslim. They have two children. Dean is a professional online gamer, and Leila, a medical student, celebrates her Muslim identity, which she recently rediscovered – something that irritates her mother greatly. When Julie suddenly dies of a heart attack, Leila undertakes to arrange a Muslim funeral for her with the help of Julie’s mother. This upsets the whole family. Everyone must now navigate years of conflicts and undercurrents within one tumultuous day so that Julie can be buried before sunset, as Muslim custom requires.
VOLG ONS OP | FOLLOW US ON: