Family friendly

Run & Walk for Animal Healthcare

Sat Jul 6, 08:00 - Sat Jul 6, 12:00

Voortrekker Monument - Eeufees Road, Groenkloof, Pretoria

ABOUT

Run & Walk for Animal Healthcare – ten bate van SA Diere Kanker SAACA


Datum: Saterdag 6 Julie 2024 Tyd: 8h00

Plek: Voortrekker Monument

Donasie: R100-00 – plus ‘n blikkie honde / katte kos – komberse – Fluffy Toys – Doggy Stuff


Wat kry jy?

Draf of Stap vir vir Diere Gesondheid.

Lekker Boere Pap, sous en Gerookte Wors

Water sakkie


Die Pretloop of Draf vir Diere Gesondheid word vanjaar gehou om hulde te bring aan die viervoetiges wat ook 'n pad met kanker stap.


Dit is al hoe meer algemeen dat kanker by diere gediagnoseer word en daar is ook heelparty honde wat hul eienaars bystaan tydens hulle stryd teen kanker.


Troeteldiere speel 'n baie belangrike rol in die emosionele welstand van hul eienaars en daarom is hierdie die ideale geleentheid om hierdie 'hondehelde' en '-heldinne' 'n slag te vereer.


Die Pretloop of Draf vir Diere Gesondheid vind plaas op Saterdag, 6 Julie 2024, vanaf 08:00 tot 12:00 by die Voortrekker Monument, Groenkloof, Pretoria.


Die Draf of Stap donasie is R100-00 plus enige komberse. Blikkies of sakke honde kos.


Jou R100-00 sluit in ‘n porsie growwe mielie pap (af die plaas) – met suiker of ‘n sous en 'n lekker gerookte worsie.


Die Vleis Berokers wat later in Julie aan die Wereld Kampioenskappe in Europa deelneem, maak worsies, vark, ens in hul spesiale rook braaiers gaar. Kom proe aan hierdie gewilde posrsies.


Vir die wat meer honger is kan ‘n Pap Burger met Pulled Pork bestel – regtig uniek. Probeer die Pap Burger .... jy sal nie spyt wees nie.


Opsie - Toegang tot die Mampoer Kultuur Fees is opsioneel. Hekgelde vir die Mampoer Fees is R70.00


Vir meer inligting oor die geleentheid, kontak Anton 076 086 2130


Alle fondse is ten bate van SA Animal Cancer (SAACA) en die DBV.

?

DIRECTIONS

Run & Walk for Animal Healthcare
Voortrekker Monument - Eeufees Road, Groenkloof, Pretoria
Eeufees Rd, Groenkloof 358-Jr, Pretoria, 0027
Get Directions