Kort dokumentêre | Short Documentaries: Maak stil die geblaf + Tussen die draad en die dropper

Sat Aug 31, 14:15 - Sat Aug 31, 15:45

Rotunda at The Bay Hotel

ABOUT

KORT DOKUMENTÊRE FILMS – Opkomende filmmakers | SHORT DOCUMENTARY PROJECT – Rising Filmmakers


Dié filmprojek bemagtig nuwe filmmakers om ware verhale te vertel deur kort dokumentêre van onder ’n halfuur te ontwikkel en te vervaardig. Dis ’n projek wat uit die staanspoor suksesvol was en vlugtig uitgebrei het om ’n hele nuwe genre vastrapplek in die feeslandskap te gee, met Silwerskermtoekenningskategorieë wat uitmuntende prestasies vier.


The Silwerskerm Short Documentary Project enables fresh filmmakers to develop and produce documentaries of no longer than half an hour, telling real-life stories. This project has grown exponentially, enabling an entire new genre to find footing in the festival landscape, with award categories celebrating outstanding achievements.


Maak stil die geblaf


VERVAARDIGER | PRODUCER: Marisa van Tonder

REGISSEUR | DIRECTOR: Marisa van Tonder

REDIGEERDER | EDITOR: Marisa van Tonder

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Jack Labrador Films


Maak stil die geblaf is ’n hartverwarmende dokumentêr oor ’n klein groepie 11-jarige kinders van ’n plaasgemeenskap in die Hexriviervallei en hul honde. Die kinders en hul vierbeenvriende oefen vir ’n hondespringkompetisie in Stellenbosch. In ’n plek waar geleenthede skaars is en geweld naby aan die huis, moet die kinders hul pad deur die lewe vind, terwyl hulle vir Tiger, Fluffy, Sussa en Lady probeer leer om oor hekkies te spring en deur tonnels te kruip. Uiteindelik neem die jong eienaars hul plaasbrakkies oor die berg waar hulle alles gee by die amateur-hondespringkompetisie waarop hulle met soveel passie voorberei het.


Maak stil die geblaf is a heartwarming documentary about a small group of 11-year-olds from a farming community in the Hex River Valley and their dogs. The children and their four-legged friends are training for a dog agility competition in Stellenbosch. In a place where opportunities are scarce and violence is close to home, the children must navigate their way through life while trying to teach Tiger, Fluffy, Sussa and Lady to jump over hurdles and crawl through tunnels. And then the young owners take their farm dogs over the mountain, where they give their all at the amateur dog agility competition for which they have prepared with so much passion.





Tussen die draad en die dropper


VERVAARDIGER | PRODUCER: Willem Van der Berg

REGISSEUR | DIRECTOR: Willem Van der Berg

REDIGEERDER | EDITOR: De Wyk Pretorius


Hierdie dokumentêr is ’n reis saam met die fotojoernalis Willem van der Berg op soek na ’n verlore draadspanner van die Hardemanskaroo, Hans Jors. Willem het ’n jarelange en noue verbintenis met Hans, maar nou is daar geen teken van Hans nie, en die boer vir wie hy ’n hele Karoo-koninkryk toegespan het, wil niks sê nie. Met die lostorring van die raaisel rondom Hans, word die skerp skeidslyne in ’n ongenaakbare landskap en verdeelde gemeenskap sigbaar. Dit is ’n storie oor mense wat aan die verkeerde kant van die draad gebore is. Die kant waar jy net kan stilraak. Verdwyn. En niemand iets daaromtrent kan doen nie.


This documentary is a journey with photojournalist Willem van der Berg in search of a lost fencer and wire-strainer from the Hardeman Karoo, Hans Jors. Willem has a close connection of many years with Hans, but Hans has vanished without a trace, and the farmer whose entire Karoo kingdom he fenced, refuses to say a word about the matter. As the mystery surrounding Hans is untangled, the sharp divides in a harsh landscape and strained community become visible. It is a story about people born on the wrong side of the fence. The side where one can simply fall silent. Disappear. And no one can do anything about it.









VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:

Instagram

Facebook

DIRECTIONS

Kort dokumentêre | Short Documentaries: Maak stil die geblaf + Tussen die draad en die dropper
Rotunda at The Bay Hotel
69 Victoria Rd, Camps Bay, Cape Town, 8001
Get Directions