No under 18s

ZINKPLAAT: Live at Daisy Jones, Stellenbosch [SATERDAG]

Sat Aug 17, 17:00 - Sat Aug 17, 23:00

The Daisy Jones Bar at OMG

ABOUT

"Ons is geroes, rooi, bruin, oranje, geel." 


ZINKPLAAT se eerste (en engiste) vertoning in 11 jaar by Daisy Jones, Stellenbosch op 17 Augustus 2024.


Deure maak 17:00 oop.

Zinkplaat sal na 20h00 optree.

Daar is 'n kroeg, pizzas, burgers, en meer beskikbaar. 

Kom vroeg en geniet die idilliese sonsondergang vir ‘n Dag In Die Wingerd.

Hierdie sal 'n staande show wees.


"Die bandlede is in 2013 in al vier windrigtings in. Gelukkig is ons as vriende uitmekaar en ons het al die jare kontak gehou. Deesdae kom ons jaarliks van heinde en verre bymekaar vir 'n jam-naweek. Na die eerste een het ons almal besef hoe baie ons die saamwees en die saamspeel gemis het. So lekker soos dit egter vir ons vier is om weer alleen in ‘n kamer te speel, was Zinkplaat se konserte altyd langer as ons oefensessies, dalk juis omdat die gehoor ons kon help sing. Ons besluit toe om weer daai deur vir een aand oop te maak en te kyk wat gebeur. Ons wou aanvanklik nie live speel voor ons nie nuwe musiek geskryf het nie, maar met die wêreld wat uitmekaar val moet mens nie so hard op jouself wees nie. Plus mens kan nie eers dink aan musiek-skryf as jy nie éérs die roes afgeskud het nie." - Zinkplaat


Zinkplaat:

Zinkplaat is in 2002 in 'n koshuiskamer in Paul Roos Gimnasium deur Bertie Coetzee begin met Beer Adriaanse, Basson Laubscher en Beitel van der Merwe wat kort daarna aangesluit het. Dié groep het 'n EP, vier vollengte albums en sestien video's op MK (wat op die Top 10 lyste was) agter hulle naam. Hulle albums is al vir Tempo- sowel as Sama toekennings benoem. Hulle het verskeie verskynings op televisie, radio-onderhoude, koerant- en tydskrifartikels en nasionale en internasionale toere gemaak. Hulle was agter die Avontoer, die Ubuntoer asook die Raka Akoestiese Musiekfees en het deur die jare ook hulle eie wyn gemaak en gesmokkel.


NO UNDER 18s / GEEN ONDER 18s


Event details:

Doors open 17h00.

Food and drinks available.

The Daisy Jones Bar is situated on Summerhill Wines, Stellenbosch.

Right of admission reserved.

DIRECTIONS

ZINKPLAAT: Live at Daisy Jones, Stellenbosch [SATERDAG]
The Daisy Jones Bar at OMG
r44 klapmuts rd, Stellenbosch, 7613
Get Directions