Kos, Koos en KWV in die katedraal – aangebied deur Die Burger

Fri Jul 19, 18:30 - Sat Jul 20, 23:00

KWV Cathedral Cellar

ABOUT

Die Burger eet en kuier in Afrikaans in die Paarl op 19 en 20 Julie

en jý is uitgenooi!

 

Die KWV se ikoniese Katedraalkelder in die Paarl is die tuiste van Die Burger se twee swierige etekonserte op Vrydag 19 Julie en Saterdag 20 Julie.

In hierdie historiese kelder, tussen die KWV se versameling massiewe wynvate, sal gaste aan ’n viergang-fynproewersete uit die glanssjef Mynhardt Joubert se kombuis kan smul, terwyl die legendariese Koos Kombuis hulle vermaak.

KWV-wyne, gepaar met elke gang, sal saam met die maaltyd voorgesit word. 

Kos, KWV en Koos se klanke – ’n beter kombinasie bestaan daar nie!

 

Wat moet jy weet?


Kaartjies kos R950 per persoon en sluit die viergangete, wyn per gang, ’n verwelkomingsdrankie en die konsert in. KWV-wyne sal ook op die aand verkoop word.

Daar word ’n beperkte getal kaartjies per aand verkoop om die geleentheid intiem te hou, dus moet jy vinnig spring om jou sitplek te verseker.


Vir meer inligting, stuur e-pos aan [email protected].

DIRECTIONS

Kos, Koos en KWV in die katedraal – aangebied deur Die Burger
KWV Cathedral Cellar
Kohler St, Southern Paarl, Paarl, 7624
Get Directions