Kortfilms | Short Films: Marie se laaste dag + Die Skynwerper + Liewe Dudu

Sat Aug 31, 21:45 - Sat Aug 31, 23:15

Rotunda at The Bay Hotel

ABOUT

KORTFILMPROJEK – Opkomende filmmakers | SHORT FILM PROJECT – Rising Filmmakers


Die Silwerskermfees-kortfilmprojek bied opkomende filmmakers die geleentheid om kortfilms te ontwikkel en te vervaardig met die finansiële steun en mentorskap van die fees. Hierdie inisiatief het ’n lanseerplatform gebied aan talle nou bekende filmmakers om die bedryf te betree en hulself te vestig. Die projek het oor die afgelope paar jaar eksponensieel gegroei en het uitgebrei na verskeie kortfilmkategorieë.


The Silwerskerm Short Film Project grants rising filmmakers the opportunity to develop and produce short films with the financial backing and mentorship of the festival. This initiative has offered a platform to numerous now well-known filmmakers to enter and establish themselves in the industry. The project has grown exponentially over the last couple of years and has branched out into various significant short film categories. 


Marie se laaste dag


GENRE: Komedie / Comedy

REGISSEUR | DIRECTOR: Lourensa Eckard

KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Tom Marais

DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Mercy Kannemeyer

ROLVERDELING | CAST: Mandri Sutherland, Deon Lotz, Rozanne McKenzie, Dumisani Mbebe

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Apiary Media


Dit is 1994, en ná jare van spanningsvolle onderhandelinge en die eerste demokratiese verkiesing, is die regering van nasionale eenheid gereed om aan te meld vir diens. Marie is die jarelange sekretaresse van die minister van minerale hulpbronne, Hendrik van der Merwe. Sy moet reëlings tref vir Van der Merwe se vergadering met die nuwe minister van verdediging, Mayihlome Khumalo. Marie is gereed om die ideale van ’n nuwe Suid-Afrika te omhels. Sy is selfs bereid om haar toekoms op die spel te plaas om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika, of altans, die Republiek van Suid-Afrika.


It is 1994 and after years of tense negotiations and the first democratic elections, the government of national unity is ready to report for duty. Marie has been the minister of mineral resources, Hendrik van der Merwe’s secretary for years. She needs to organise her boss’ first meeting with the new minister of defence, Mayihlome Khumalo. Marie is ready to embrace the ideals of a new South Africa. She is even willing to risk her job for a brighter future for South Africa, or rather, the Republic of South Africa.





Die Skynwerper


GENRE: Sielkundige riller / Psychological Thriller

REGISSEUR | DIRECTOR: Dewet van Rooyen

KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Dewet van Rooyen

DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Dewet van Rooyen, Linsen Loots

ROLVERDELING | CAST: Ben Albertyn, Dawid Minnaar, Antoinette Kellermann

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Wyrd Films


Gekluister aan sy donker verlede, voer Nelis ’n afgesonderde bestaan saam met sy verlamde, verbitterde vader. Nadat ’n insident by sy werk hom skielik werkloos laat, waag hy ’n kans en skryf in om deel te neem aan die realiteitsreeks Die Skynwerper. Ná ’n mislukte oudisie groei sy agterdog dat die sielkundige manipuleerder en aanbieder van die reeks in der waarheid ’n marionetmeester is wat sy werklikheid vanuit die skaduwees beheer.


Shackles of his dark past bind Nelis to a secluded existence with his paralysed, embittered father. After an incident at work leaves him abruptly unemployed, he takes a chance and volunteers to participate in the reality show Die Skynwerper [The Spotlight]. But following a failed audition, his suspicions grow that the show’s psychological manipulator and host is, in fact, a puppet master orchestrating his reality from the shadows.





Liewe Dudu


GENRE: Komedie / Comedy

REGISSEUR | DIRECTOR: Lydia Anne Stander

KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Philip van Zyl

DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Lydia Anne Stander

ROLVERDELING | CAST: Gugu Madlabane, Millie Dintoe, Zetske Van Pletzen

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: The Third Law


Dudu, ’n borrelende skoonheidsterapeut by ’n goedkoop dagspa in Pretoria, word net voor die jaarlikse inspeksie met chaos gekonfronteer. Nadat sy laat aankom, ontdek sy ’n dooie kliënt op die behandelingsbed en besluit sy om die liggaam na die kleedkamers te skuif met die hulp van haar beste vriendin, Lerato. Die oorlede vrou behoort eintlik aan die begrafnisonderneming langsaan. Die spa se bestuurder, Nina, wat toegelaat het dat haar begrafnisondernemer-kêrel, Lappies, die lyk tydelik by hulle stoor, is in ’n toestand toe sy ontdek die liggaam het verdwyn. Die Spa-meisies moet saamwerk om die lyk weg te steek en alles reg te ruk voordat die inspekteur opdaag, en Dudu weet nét hoe.


Dudu, a bubbly beauty therapist at a low-cost day spa in Pretoria, is confronted with chaos just before the annual inspection. After arriving late, she discovers a dead client on the treatment bed and decides to move the body to the changing rooms with the help of her best friend, Lerato. The deceased woman actually belongs to the funeral home next door. The spa manager, Nina, who had allowed her undertaker boyfriend, Lappies, to temporarily store the body with them, is in a panic when she discovers the body has disappeared. The spa girls must work together to conceal the body and get everything shipshape before the inspector arrives, and Dudu knows the ropes.





VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:

Instagram

Facebook

DIRECTIONS

Kortfilms | Short Films: Marie se laaste dag + Die Skynwerper + Liewe Dudu
Rotunda at The Bay Hotel
69 Victoria Rd, Camps Bay, Cape Town, 8001
Get Directions