Routrip
Wed Oct 2, 11:00 - Thu Oct 3, 12:30
Fismer
ABOUT
Met Elzabé Zietsman
Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en – op die oog af – sorgeloos. Routrip is gegrond op ’n ware verhaal en benoem vir ’n Woordtrofee vir beste prestasie in ’n soloproduksie by die Toyota US Woordfees in 2023.
Vervaardiger Drama Drama
Regisseur Maralin Vanrenen
Teks Johann Slabbert
Klankbaan Coenie de Villiers
Vervaardig deur Drama Drama, moontlik gemaak deur die Toyota Stellenbosch Woordfees en NATi
Ouderdompsbeperking: Geen o.13 (T)