Kaapse Kabaret
Sun Sep 29, 19:00 - Sun Sep 29, 20:15
Drostdy-teater
ABOUT
Met Leslie Kleinsmith (stem), Ramon Alexander (klavier), Annemie Nel (perkussie), Dylan Tabisher (kontrabas)
Die kuns van Leslie Kleinsmith, ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad, is geslyp deur meesters soos Nat King Cole, Frank Sinatra en Sammy Davis jr., en deur die jare het hy sy vaardigheid in verskeie musiekstyle, waaronder populêre musiek, R&B en big band swing, bewys. Hierdie produksie is in 2024 benoem vir ’n Kanna by die KKNK. Alexander en Kleinsmith het verlede jaar ’n Woordtrofee gewen vir hulle musiekproduksie Effervescence: Xamisa, iKapa, Kaapstad.
Musiekregisseur Ramon Alexander