Merry Krismis, Elvis
Sat Sep 28, 20:00 - Sat Oct 5, 21:20
Drostdy-teater
ABOUT
Met André Schwartz
Wanneer Jaco se sonde van so ’n aard is dat hy te skuldig voel om met God te praat, vind hy sy sielsgenoot en klankbord in Elvis, wat van kleins af sy toevlug was. Deur Elvis se lewe ontdek hy ál hoe meer raakpunte tussen hulle twee. Elvis was by hom toe die seerste ding gebeur het, maar het niks gedoen nie en net gestaan en kyk en gesing. Bring roem kwytskelding? Hoe vind jy vergifnis? Is daar werklik ’n hiernamaals? Die teks van Merry Krismis, Elvis word gebind deur Elvis se bekendste liedjies, maar ook skeppings uit André se pen.
Skrywer André Schwartz, Robert Kruger
Regisseur Saartjie Botha
Musiekregisseur Antoni Schonken
Ouderdomsbeperking: Geen o.13