Skatkis vol stories
Sat Sep 28, 11:00 - Sun Oct 6, 17:00
Drostdy-teater
ABOUT
Met Danneline Ramsden, Miché van Wyk
Die Namakwa-daisy Danneline Ramsden bot behoorlik dié lente. Sy vier ’n dekade in die vermaaklikheidsbedryf en haar goue jubileum met ’n Xhoulag-storievertelproduksie wat oorloop van draaitjies, swaaitjies én saadjies wat uit Kommagas se stofstrate tot in die Kaap skiet en blom. Sy neem die gehoor op reis met haar staaltjies en teug tussenin aan ’n brousel saam met die aktrise Miché van Wyk, wat haar in- en uitvra oor haar grootwordjare. Kom ontgin dié skatkis vol Namakwalandse stories.
Regisseur en tegniese versorging Jeremeo le Cordeur
Skrywer Danneline Ramsden
Vertaler Danneline Ramsden, Miché van Wyk
Ouderdomsbeperking: Geen o.10