Albatros
Wed Oct 2, 10:00 - Sat Oct 5, 13:00
Adam Small Laboratorium
ABOUT
Met Louw Venter, Ben Albertyn
Albatros is die aangrypende verhaal van ’n pa en seun se soeke na versoening met mekaar en hulleself. Tragiese gebeure lei daartoe dat ’n jong Benjamin sy babaseun, Abel, alleen moet grootmaak. Wanneer Abel jare later soortgelyke probleme as sy pa ontwikkel, word hulle skielik gekonfronteer met die spoke van die verlede. Benjamin bou ’n boot en probeer Abel by die bouery betrek in ’n poging om tot hom deur te dring. Dis tragedie, dis komedie, dis al die dinge wat mans sukkel om vir mekaar te sê.
Regisseur Tara Notcutt
Skrywer en vervaardiger Louw Venter
Stelontwerp en beligting Wolf Britz
Beligtingsassistent Kieran Mcgeregor
Klankontwerp Wicus Louw
’n Innibos-produksie, moontlik gemaak deur NATi, speelvak ondersteun deur die Toyota Stellenbosch Woordfees
Ouderdomsbeperking: Geen o.13 (T)