Please contact Woordfees office on 072 231 7073 to book wheelchair accessible tickets.
No under 13s

Byster

Thu Oct 3, 13:00 - Sat Oct 5, 21:45

Adam Small Laboratorium

ABOUT

Met Lara Hattingh


Byster vertel die verhaal van ’n oningeligte en naïewe jong vrou wat sukkel om deur die diep waters van 2024 te kom. Sy’s regtig snaaks, maar waarskynlik ook ’n bietjie van ’n narsis. In ’n versameling van oënskynlik lukrake stories vertel sy kaalvuis wat sy dink. Sy wonder wat dit beteken om ’n vrou te wees en of sy haarself regtig ’n Afrikaner kan noem. Sy weet dit nie, maar sy is besig om te hardloop. Maar of sy probeer wegkom van iets, is onduidelik. Hierdie stuk is in 2023 bekroon met die Woordtrofee vir beste Fringe-produksie by die Woordfees.


Regisseur en skrywer Lara Hattingh

Tegniese versorging Wicus Louw


Ouderdomsbeperking: OB 10

DIRECTIONS

Byster
Adam Small Laboratorium
15 Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions