Please contact Woordfees office on 072 231 7073 to book wheelchair accessible tickets.

Première-wenner: Die Koning en sy Bruid

Sat Sep 28, 18:00 - Wed Oct 2, 13:50

Adam Small Laboratorium

ABOUT

Met Jeanne-Marié Koekemoer, Heinrich Wentzel, Angelique Filter


In die wenproduksie van die jaarlikse Première-teaterfees kan jy die beste opkomende akteurs, skrywers en regisseurs van die Universiteit Stellenbosch (US) se dramadepartement sien. Meer as 80 studente in 11 produksies het aan vanjaar se fees deelgeneem. Boeiende storievertelling en uitsonderlike toneelspel is dus gewaarborg in dié toonvenster van die volgende geslag teatermakers.


***


Dit is die jaar van onse Heer 1745. Die trousseau is gepak. Die lemoene gepluk. Die lakens skoon gewas. En deur die hele Kaap de Goede Hoop word daar feesgevier, want boer Willem Aarde en beskeie bruid Amélie Bruére trou! ’n Huwelik beteken die vereniging van families. Van plase. Van rykdom. ’n Bruilof beteken ’n erfgenaam! (Of erfgename, indien die bruid só jonk en só rein en só vrugbaar is soos die een in hierdie storie.) En daar is die geklink van glase in afwagting van die huweliksnag. Maar met die sluit van die slaapkamer en die ooptrek van die hemelbed, kom boer Willem en bruid Amélie van aangesig tot aangesig met onvermydelike, bindende en goddelike plig – ’n plig wat verder strek as net die stroop van klere. Want vir dié bruidspaar op hul huweliksnag, wag daar baie meer as net gevlekte lakens.


’n Première-produksie.


Regisseur Nichola Viviers

Skrywer Nichola Viviers, Jeanné-Marie Koekemoer

Verhoogbestuur Nicola Joubert

Tegniese versorging Jairus Fritz

DIRECTIONS

Première-wenner: Die Koning en sy Bruid
Adam Small Laboratorium
15 Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions