Hierdie is die opvolg in 'n reeks van getuienis oggende wat gereël word. DIT GAAN OOR ONS ALMAGTIGE GOD WAT DIE WONDERWERKE DOEN. Die uitnodiging is inter kerklik, en nie gekoppel aan 'n spesifieke denominasie nie. Mans en vrouens welkom en kinders bo 13. Kaartjie sluit verversings is (vingerhappies en koffie en tee sal bedien word)
No under 13s

12 OKTOBER 2024: VANDERBIJLPARK FOR HIS (JESUS) GLORY GETUIENIS OGGEND SAAM MET PASTOOR OCKIE FOURIE, NATASHA NAGEL EN SONJA BASSON VIR VAALDRIEHOEK

Sat Oct 12, 08:30 - Sat Oct 12, 13:30

NG Vanderbijlpark Sentraal

ABOUT

Bestaan daar iets soos wonderwerke? Is dit net in die Bybel waar jy van dit lees? Wel ons het goeie nuus vir jou! God is 'n God van deurbrake en wonderwerke.

JA JY HET REG GEHOOR!


Kom woon die oggend by saam met bekendes wat hulle stories van hoop en wonderwerke met ons kom deel.



  • Natasha Nagel wil jou bewusmaak van die leuens van die vyand en hoe Vader haar kom vrymaak het waar sy vasgevang was in die okkulte en witchcraft.
  • Sonja Basson deel met ons hoe Abba Vader haar uit 'n verwoestende veldbrand gered het en haar genesingspad wat oor 28 jaar strek.
  • Pastoor en Evangelis Ockie Fourie vertel hoe genade hom gered het van 'n lewe gevul met misdaad, haat en wreedheid. Voeg daarby verslawing en jy wonder hoe iemand heel anderkant kan uitkom? Hy vertel sy verhaal en hoe God hom gebruik in die helings bediening.


Hulle unieke getuienisse vertel van hoe groot God se genade en liefde vir elke een van ons is.


Kom vergeet vir 'n oggend van jouself en fokus op God. Dit gaan alles oor HOM! Nie net sal dit die uitkyk op jou lewe verander nie, maar wie weet.... dalk verander jy ook.


Van een ding kan jy verseker wees, jy gaan nie leeg huis toe keer nie!


DIRECTIONS

12 OKTOBER 2024: VANDERBIJLPARK FOR HIS (JESUS) GLORY GETUIENIS OGGEND SAAM MET PASTOOR OCKIE FOURIE, NATASHA NAGEL EN SONJA BASSON VIR VAALDRIEHOEK
NG Vanderbijlpark Sentraal
9 Lion Cachet St, Vanderbijlpark S. W. 1, Vanderbijlpark, 1911
Get Directions