Please note: This venue is wheelchair friendly

Moederkerk-orrelweek: Andrea Kayser-Mitas

Wed Oct 2, 13:15 - Wed Oct 2, 13:45

Moederkerk-tuin

ABOUT

Andrea Kayser-Mitas


Andrea is ’n musiekdosent aan die Universiteit van Pretoria en ’n gevestigde samewerkende kunstenaar, veral as koorbegeleier. Haar program sluit in vier pastorales uit die Romantiek: dié van Théodore Salomé, Josef Rheinberger, Alfred Lefébure-Wély en Charles-Marie Widor (uit sy Simfonie No. 2), tesame met werke van die vrouekomponiste Brenda Portman en Emma Lou Diemer.


Vanjaar se orreltema is Pastorale, ’n werk waarin ’n landelike toneel deur klankskildering uitgebeeld word, dikwels met ’n fluitagtige melodie en ondersteun deur ’n dreunbas. Die meeste pastorales is rustig wiegend van aard, hoewel drama­tiese natuurverskynsels verrassende uitbars­tings tot gevolg kan hê. Elke orrelis se program sluit minstens twee pastorales in. Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon. Vanjaar is daar drie nuwe gesigte.


Samesteller Zorada Temmingh


****

Andrea Kayser-Mitas


Andrea is a lecturer in music at the University of Pretoria and is an established collaborative artist, particularly as a choral accompanist. Her programme includes four pastorals from the Romantic period: those of Salomé, Rheinberger, Lefébure-Wély and Widor (from his Symphony No. 2), together with works by women composers Brenda Portman and Emma Lou Diemer.


This year’s organ recital theme is Pastorale – a work in which a rural scene is painted through sound, often with a flute-like melody supported by a rumbling bass. Most pastorals are gentle in nature, although dramatic natural phenomena can result in surprising outbursts. Each organist’s program includes at least two pastorals. The special sounds and tones of the Moederkerk organ will be fully embraced, and close-ups of the organist’s hands and feet will be shown on the screens. We welcome three new sets of hands to the programme this year.


Programme compiled by Zorada Temmingh


DIRECTIONS

Moederkerk-orrelweek: Andrea Kayser-Mitas
Moederkerk-tuin
2 Drostdy Rd, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions