Please note: This venue is wheelchair friendly

Moederkerk-orrelweek: Devandré Boonzaaier

Thu Oct 3, 13:15 - Thu Oct 3, 13:45

Moederkerk-tuin

ABOUT

Devandré Boonzaaier


Devandré is orrelis van die NG gemeente Durbanville, dosent aan die Kaapse ­Skiereiland Universiteit vir Tegnologie en streekverteenwoordiger van die Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsert­orreliste­-vereniging. Die pastorales op sy program (albei Romanties) is van Alexandre Guilmant (uit Sonate No. 1) en Theodore Dubois. Ander werke sluit in die speelse “Tuba Tune” van CS Lang, koraalvoorspele van o.a. Neil Barnard, asook sy eie verwerking van “O Heer my God” waar hy die orrel en trompet tegelyk bespeel.


Vanjaar se orreltema is Pastorale, ’n werk waarin ’n landelike toneel deur klankskildering uitgebeeld word, dikwels met ’n fluitagtige melodie en ondersteun deur ’n dreunbas. Die meeste pastorales is rustig wiegend van aard, hoewel drama­tiese natuurverskynsels verrassende uitbars­tings tot gevolg kan hê. Elke orrelis se program sluit minstens twee pastorales in. Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon. Vanjaar is daar drie nuwe gesigte.


Samesteller Zorada Temmingh


****


?Devandré Boonzaaier


Devandré is the organist at the Durbanville Dutch Reformed Congregation, a lecturer at CPUT and regional representative of SAKOV. The two pastorals on his program (both Romantic) are from Guilmant (from Sonata No. 1) and Dubois. Other works include the playful “Tuba Tune” by CS Lang, choral preludes of Neil Barnard, Paul Manz and Sigfrid Karg-Elert, as well as his own arrangement of “O Heer my God” where he plays the organ and trumpet at the same time.


This year’s organ recital theme is Pastorale – a work in which a rural scene is painted through sound, often with a flute-like melody supported by a rumbling bass. Most pastorals are gentle in nature, although dramatic natural phenomena can result in surprising outbursts. Each organist’s program includes at least two pastorals. The special sounds and tones of the Moederkerk organ will be fully embraced, and close-ups of the organist’s hands and feet will be shown on the screens. We welcome three new sets of hands to the programme this year.


Programme compiled by Zorada Temmingh.



DIRECTIONS

Moederkerk-orrelweek: Devandré Boonzaaier
Moederkerk-tuin
2 Drostdy Rd, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions