Please note: This venue is wheelchair friendly

Kleurglasvensters van die Moederkerk

Sun Sep 29, 11:30 - Wed Oct 2, 10:00

Moederkerk-tuin

ABOUT

Met Zorada Temmingh


Oor son en sterre, duiwe en druiwe, visse en vlamme, windpomp en weerlig, kandelaar en kers – watter verhaal fluister die vensters? Die kleurglasvensters van die Stellenbosse Moederkerk is kunswerke wat ryk is aan simbole. Zorada het onlangs ’n projek begin waarin ’n nuwe blik op die simboliek in die vensters verrassende interpretasiemoontlikhede ontsluit – veel meer as dié wat opgeteken is sedert die installasie van die eerste vensters byna 50 jaar gelede. Kom stap saam van venster tot venster en ontdek ’n diepte van bete­kenis en inspirasie.

DIRECTIONS

Kleurglasvensters van die Moederkerk
Moederkerk-tuin
2 Drostdy Rd, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions