Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan
Tue Oct 1, 12:00 - Fri Oct 4, 14:30
HMS Bloemhof-sentrum
ABOUT
Met Sandra Prinsloo, David Viviers
Nora, ’n kelnerin, bly op haar eie nadat haar man kort ná hulle troue oorlog toe is en nooit teruggekom het nie. Sy raak op ’n dag woedend vir die dood wat haar man gesteel het, maar dan daag die dood op om háár te kom haal. Nora ontdek die hiernamaals is glad nie so deftig nie, en sy is ook nie dood nie, maar niemand wil haar glo nie. Dan besluit sy om haar oorlede man met die hulp van ’n sjarmante gids te gaan soek en huis toe te bring…
Regisseur Toni Morkel
Skrywer Henque Heymans
Stelontwerp Chris Booyens
Vervaardig deur Leftfoot Theatre Productions en KKNK. Moontlik gemaak deur Suidoosterfees, Innibos, Momemtum Beleggings Aardklop, Vrystaat Kunstefees, NATi
Ouderdomsbeperking: OB 13