Kuns op straat
Sun Sep 29, 09:30 - Sun Oct 6, 10:20
Vertrek vanaf Erfurthuis
ABOUT
Kuns in openbare ruimtes is deel van Stellenbosch se ryke kultuuromgewing, en vanjaar bied die Woordfees aan besoekers die geleentheid om dié skat te voet te verken saam met Pule Dhoti en Hanlé Hill. Hier word wêreldbekende kunstenaars se handewerk nie beperk tot binne geboue nie; dit kan deur almal op ons sypaadjies en in ons parke besigtig word – gratis. Op dié begeleide toer sien jy beelde van nader en hoor meer oor die agtergrond van elke werk waarby ’n mens so dikwels net verbystap. Kom skep asem en stap saam.
***
Stellenbosch’s rich cultural environment is filled with art in public spaces. Explore these treasures on foot with Pule Dhoti and Hanlé Hill as they guide participants through the town and share the history of works that many of us have walked past. Put on a pair of comfortable walking shoes and join us as we stroll and find the free art under the oaks.