Stap in Idasvallei
Sat Sep 28, 07:00 - Sat Oct 5, 09:00
Kochstraat Parkeer & Pendel
ABOUT
Aangebied deur Idas Valley Community Trails
Kom stap dié spesiale roete deur die Stellenbosse woonbuurt Idasvallei saam met die Walking by Faith Ladies en plaaslike inwoners. Gaste word verwelkom met koffie en tuisgemaakte koesisters of roosterkoek, waarna die gids deelnemers meer vertel oor die buurt en natuurgebied met sy eiesoortige plantegroei en diere. Elkeen kry ’n inheemse boom om te plant in die natuurgebied wat deel vorm van die Idasvallei-gemeenskapsroete. Die organisasie is aangewys as ’n top-innovasieprogram van die Wêreld Ekonomiese Forum.
Ontmoet 30 min voor die aanvang van die toer by die HS Stellenbosch-padelbane, Merrimanlaan