Dana Snyman: Seun
Tue Oct 1, 18:15 - Tue Oct 1, 19:45
EasyEquities Boektent
ABOUT
Aangebied deur Tafelberg
In Dana se rou, onthutsende memoires, Seun, stoei hy onder meer met die vraag: Hoe word ’n seun ’n man? Vir die eerste keer vertel hy hoe hy in die 1980’s - in die doodsnikke van apartheid - soos soveel ander jong, wit mans opgeroep is om militêre diensplig te doen. Hoe hy in opstand gekom en oneervol uit die weermag ontslaan is. Ook die invloed wat dit op hul gesin gehad het en hoe hy later werkloos en vol donker gedagtes in iemand se agterplaas in Pretoria gewoon het in wat toe as ‘n “bediendekamer” bekend gestaan het. En hoe hy hoop vir die lewe teruggevind het.