Please contact Woordfees office on 072 231 7073 to book wheelchair accessible tickets.
No under 13s

Die stoele

Wed Oct 2, 16:00 - Sun Oct 6, 20:30

Renish Girls' High

ABOUT

Met Antoinette Kellermann, Chris van Niekerk, Lindokuhle Melaphi


Twee ou mense is opgewonde oor die groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie op genooides gaan loslaat – iets waaraan hy al 93 jaar poets. Gaste uit alle lae van die samelewing, onder wie die president, maak hulle opwagting by die vuurtoring op ’n afgesonderde eiland. Om almal te huisves is stoele en nogmaals stoele nodig. Maar die gaste is onsigbaar… en die ou man kan nie self sy boodskap oordra nie. Én hy het iemand gekry om namens hom te praat. Die produksie het die Kanna-prys ontvang vir beste produk­sie by KKNK 2024, en Antoinette Kellermann en Chris van Niekerk het onderskeidelik ook die Kanna vir beste vroulike en manlike hoofspeler ontvang.


Regisseur en ontwerp Marthinus Basson 

Skrywer Eugène Ionesco

Vertaling Nerina Ferreira

Verhoogbestuur en beligtingsontwerp Nicolaas de Jongh

Assistentverhoogbestuur Jean du Plessis


’n KKNK-produksie, moontlik gemaak deur NATi. Speelvak ondersteun deur die Toyota Stellenbosch Woordfees. 


Ouderdomsbeperking: OB 10

DIRECTIONS

Die stoele
Renish Girls' High
10 Koch Rd, Krigeville, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions