De kinderharp, hallelujas en Afrika-tromme
Fri Oct 4, 11:00 - Fri Oct 4, 12:30
Faculty of Theology Chapel
ABOUT
Verhale opgesluit in die Kerkargiewe
Kom ontdek verhale uit die verlede wat ons vandag nog raak. Argivale navorsers lig elke onderwerp toe met ’n aanbieding en onderwerpspesifieke uitstalling bestaande uit historiese foto’s, manuskripte en artefakte uit die NG Kerk se argiefkluise.
Die eerste NGK-musiekversameling (1824-2024) word bekend gestel met vertellings, musiek, argivale illustrasies, dokumente, foto’s en faksimilees. Kom luister en sing saam. Dr. Isabel Murray, kurator, tree as verteller op, met begeleiding deur dr. Devandré Boonzaaier, orrelis en kenner van die Morawiese liedereskat.