Netwerk24: Wat's nuus met Mia Spies - Randburg

Thu Aug 29, 08:30 - Thu Aug 29, 12:30

The Fairway Hotel

ABOUT

Netwerk24 rits deur die land vir ‘n paar lesersontbyte en jy is uitgenooi!


Kom luister en kuier saam met Netwerk24 by 'n lekker ontbytgesprek op 29 en 30 Augustus:


Suid-Afrika se Ongekende Pad: Beweeg ons in die regte rigting?

Dit is ‘n opwindende nuusjaar in Suid-Afrika. Ná die Mei-verkiesing het die land in 'n heel nuwe rigting beweeg, maar die rigting is ongekarteer, wat beteken dat groot besluite en onderhandelinge aan die orde van die dag is.


Is Suid-Afrika op koers na 'n beter bestemming vorentoe, of is die ongekende terrein onheilspellend? Mia Spies gesels met Netwerk24 se politieke redakteur, Gert van der Westhuizen, die politieke verslaggewer Raymond Willemse en die politieke ontleder prof. Theo Venter om sin te maak van die situasie. 


Kuns in die kollig: Verder het die kunste ons deur die moeilike tye van die jaar gedra, en Netwerk24 se kundige vermaakverslaggewer, AJ Opperman, gesels met die legendariese en veelsydige aktrise Lizz Meiring. Die sanger en radiopersoonlikheid Riaan Grobler gaan ook optree.


Wat moet jy weet?

Op 29 Augustus kuier die Netwerk24-span by die Fairway-hotel in Randburg en op 30 Augustus by die Fire & Ice-hotel in Menlyn. Al twee oggende begin om 08:30 vir 09:00.

Kaartjies kos R250 per persoon en sluit 'n ontbyt, koffie en tee in.


Stuur e-pos na [email protected] vir meer inligting.

 

 

DIRECTIONS

Netwerk24: Wat's nuus met Mia Spies - Randburg
The Fairway Hotel
Setperk Rd, Randpark 268-Iq, Randburg, 2125
Get Directions