Ateljee-besoeke: Lukas Stander
Thu Oct 3, 12:00 - Thu Oct 3, 15:00
47 Ostara Avenue
ABOUT
Dié inisiatief gee aan feesgangers toegang tot plaaslike kunstenaars se skeppende ruimte. Deelnemende kunstenaars is op vasgestelde tye in hulle ateljee beskikbaar, terwyl van hulle ook in ateljees op die Blaauwklippen-wynlandgoed gehuisves word. Klim op ’n feesbussie in Ryneveldstraat en besoek die onderstaande ateljees in en om Stellenbosch.
Lukas, ’n voltydse fotograaf van Stellenbosch, het sy liefde vir fotografie op 13 ontdek. Hy verkies visuele beelde bo woorde as sy kommunikasiemiddel en spesialiseer in portrette en landskapfotografie. Sy aangrypende portrette vang die essensie van sy onderwerpe vas, terwyl sy verbluffende landskappe kykers na verre plekke wegvoer. Sy werk het al in tydskrifte, galerye en aanlyn publikasies verskyn.
***
This initiative gives festival-goers access to the creative spaces of local artists. At set times, participating artists are available in their studios. Some of the artists are also housed in studios on the Blaauwklippen Wine Estate. Consult the guide to book a studio visit with your favourite artists. Hop on a park ‘n ride shuttle and visit the studios below across Stellenbosch and surrounds.
Lukas discovered his passion for photography at the age of 13. Growing up in an artistic household, he chose visual images over words as his means of communication. He specialises in portraits and landscape photography. His captivating portraits reveal the essence of his subjects, while his breathtaking landscapes transport viewers to faraway places.