Tuin van Digters 2024
Fri Sep 13, 16:00 - Sat Sep 14, 23:00
Breytenbach Centre
ABOUT
Die jaarlikse Tuin van Digters-fees vind op 13 en 14 September 2024 vir die 13de agtereenvolgende jaar in die pragtige digterstuin en geboue van die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas. Die doel van die fees is om Afrikaanse digkuns op allerlei wyses en vorme bekend te stel en instand te hou.
Wyle Ingrid Jonker is die digter wat vanjaar gehuldig sal word. Die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir ‘n debuutbundel sal weer by die fees plaasvind.
Besoekers kan uitsien na ‘n opwindende en unieke program. Dit sluit in kunsuitstallings, die bekendstelling van verskeie digters se bundels, sing van getoonsette gedigte, voorlees van nuwe gedigte uit die gemeenskap en nog vele meer.