Family friendly

ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfeesfinaal 3 en ATKV-Sêr

Sat Aug 17, 17:00 - Sat Aug 17, 22:00

UNISA Little Theatre

ABOUT

TOP PRODUKSIES VAN DIE DERDE GAUTENG-STREEKSFEES en ATKV-SÊR OP DIE PLANKE!


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Gauteng te ondersteun tydens die derde streeksfeesfinaal van vier by die UNISA Little theatre in Pretoria op 17 Augustus 2024. Kom luister ook na Gauteng se eerste ATKV-Sêrgroepe wat die toon aangee in 2024.


Sien die streeksfeesfinaliste van Gauteng-streeksfees 3 (soos aangekondig op die Vrydag-aand van 16 Augustus op die ATKV se sosiale media platforms) in aksie met hul laaste poging om in aanmerking te kom vir die gesogte ATKV-Tienertoneel nasionale finaal wat plaasvind vanaf 23 tot 28 September in Kaapstad.


Meer oor ATKV-Tienertoneel:


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.


Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.


Meer oor ATKV-Sêr:


Die ATKV het sy eerste nasionale sêrkompetisie vir studente in 1997 aangebied en dit het tyd geword om die stokkie oor te gee aan ons kreatiewe tieners om met hierdie gemaklike uitvoerende-kunstemedium te eksperimenteer. ATKV-Sêr vir hoërskoolleerders is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat gaan neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling.

DIRECTIONS

ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfeesfinaal 3 en ATKV-Sêr
UNISA Little Theatre
287 Nana Sita St, Pretoria Central, Pretoria, 0002
Get Directions