Family friendly

ATKV-Tienertoneel Durban-streeksfees

Thu Jul 18, 11:00 - Fri Jul 19, 21:00

The Playhouse Company

ABOUT

VIER SIMBIOTIES FEES IN DURBAN


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in KwaZulu Natal te ondersteun by die Playhouse-teater in Durban vanaf 18 tot 20 Julie 2024.


Koop 'n dagpas-kaartjie en sien al 5 vertonings vir die prys van een.


Dagprogram

11:00 - 12:00 Vertoning 1

13:30 - 14:30 Vertoning 2

15:30 - 16:30 Vertoning 3

17:30 - 18:30 Vertoning 4

20:00 - 21:00 Vertoning 5


Lees die program hier vir meer besonderhede.


Meer oor ATKV-Tienertoneel:


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.


Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

DIRECTIONS

ATKV-Tienertoneel Durban-streeksfees
The Playhouse Company
231 Anton Lembede St, Durban Central, Durban, 4001
Get Directions