Family friendly

ATKV-Tienertoneel Durban-streeksfeesfinaal en ATKV-Sêr

Sat Jul 20, 17:00 - Sat Jul 20, 22:00

The Playhouse Company

ABOUT

TOP PRODUKSIES VAN DIE DURBAN-STREEKSFEES en ATKV-SÊR OP DIE PLANKE!


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in KwaZulu-Natal te ondersteun by die Playhouse-teater in Durban op 20 Julie 2024. Kom luister ook na 'n ATKV-Sêrgroep wat die toon aangee in 2024.


Sien die streeksfeesfinaliste van Durban-streeksfees (soos aangekondig op die Vrydag-aand van 19 Julie op die ATKV se sosiale media platforms) in aksie met hul laaste poging om in aanmerking te kom vir die gesogte ATKV-Tienertoneel nasionale finaal wat plaasvind vanaf 23 tot 28 September in Kaapstad.


Meer oor ATKV-Tienertoneel:


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.


Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.


Meer oor ATKV-Sêr:


Die ATKV het sy eerste nasionale sêrkompetisie vir studente in 1997 aangebied en dit het tyd geword om die stokkie oor te gee aan ons kreatiewe tieners om met hierdie gemaklike uitvoerende-kunstemedium te eksperimenteer. ATKV-Sêr vir hoërskoolleerders is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat gaan neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling.

DIRECTIONS

ATKV-Tienertoneel Durban-streeksfeesfinaal en ATKV-Sêr
The Playhouse Company
231 Anton Lembede St, Durban Central, Durban, 4001
Get Directions