Family friendly

ATKV-Tienertoneel Bloemfontein-streeksfees

Mon Aug 5, 11:00 - Fri Aug 9, 21:00

Wynand Mouton Theatre

ABOUT

VIER SIMBIOTIES FEES IN BLOEMFONTEIN


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in sentraal Suid-Afrika te ondersteun by die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein vanaf 5 tot 10 Augustus 2024.


Koop 'n dagpas-kaartjie en sien al 5 vertonings vir die prys van een.


Dagprogram

11:00 - 12:00 Vertoning 1

13:30 - 14:30 Vertoning 2

15:30 - 16:30 Vertoning 3

17:30 - 18:30 Vertoning 4

20:00 - 21:00 Vertoning 5


Lees die program hier vir meer besonderhede.


Meer oor ATKV-Tienertoneel:


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.


Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

DIRECTIONS

ATKV-Tienertoneel Bloemfontein-streeksfees
Wynand Mouton Theatre
Nelson Mandela Dr, Park West, Bloemfontein
Get Directions