Family friendly

ATKV-Tienertoneel Bloemfontein-streeksfeesfinaal

Sat Aug 10, 17:00 - Sat Aug 10, 22:00

Wynand Mouton Theatre

ABOUT

TOP PRODUKSIES VAN DIE BLOEMFONTEIN-STREEKSFEES OP DIE PLANKE!


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in sentraal Suid-Afrika te ondersteun tydens die streeksfeesfinaal by die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein op 10 Augustus 2024.


Sien die streeksfeesfinaliste van die Bloemfontein-streeksfees (soos aangekondig op die Vrydag-aand van 9 Augustus op die ATKV se sosiale media platforms) in aksie met hul laaste poging om in aanmerking te kom vir die gesogte ATKV-Tienertoneel nasionale finaal wat plaasvind vanaf 23 tot 28 September in Kaapstad.


Meer oor ATKV-Tienertoneel:


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.


Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

DIRECTIONS

ATKV-Tienertoneel Bloemfontein-streeksfeesfinaal
Wynand Mouton Theatre
Nelson Mandela Dr, Park West, Bloemfontein
Get Directions