Family friendly

ATKV-Tjokkertoneel Gauteng-streeksfees

Wed Jul 17, 16:00 - Sat Jul 20, 21:00

UNISA Little Theatre

ABOUT

VIER SIMBIOTIES FEES IN GAUTENG


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Gauteng te ondersteun by die UNISA Little Theatre in Pretoria vanaf 17 tot 20 Julie 2024.


Lees die program hier vir meer besonderhede.


Meer oor ATKV-Tjokkertoneel:


Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.


DIRECTIONS

ATKV-Tjokkertoneel Gauteng-streeksfees
UNISA Little Theatre
287 Nana Sita St, Pretoria Central, Pretoria, 0002
Get Directions