Family friendly

ATKV-Tjokkertoneel Bloemfontein-streeksfees

Fri Aug 2, 16:30 - Sat Aug 3, 20:30

Wynand Mouton Theatre

ABOUT

VIER SIMBIOTIES FEES IN BLOEMFONTEIN


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in sentraal Suid-Afrika te ondersteun by die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein vanaf 2 tot 3 Augustus 2024.


Lees die program hier vir meer besonderhede.


Meer oor ATKV-Tjokkertoneel:


Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

DIRECTIONS

ATKV-Tjokkertoneel Bloemfontein-streeksfees
Wynand Mouton Theatre
Nelson Mandela Dr, Park West, Bloemfontein
Get Directions