No under 13s

Moord met 'n T - Tobie Cronjé, Ignatius van Heerden en André Lötter (Spesiale Preview @ Die Centurion Teater)

Mon Jul 29, 19:30 - Mon Jul 29, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

Tobie Cronjé is terug op die verhoog in ‘n rol saam met Ignatius van Heerden en André Lötter. 'n Heerlike “whodunnit” wat teater-liefhebbers met kinkels en draaie vasgenael sal hou.


Die popmooi winkelassistent, Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy sy jaloerse vrou, Cruella is byderhand. Die feite dui op ‘n liefdesdriehoek en dis altyd ‘n resep vir moord want Cruella is net oor haar erfporsie begaan. Die ondersoekbeampte, speurder-sersant, Wihan Beyleveld stel vas dat Bakkies vergiftig is. Hy volg die spoor na die lykshuis toe waar hy met die vreemde opsigter, Klaas van der Broeken, te doen kry en waar daar nuwe vrae ontstaan. Is Bakkies regtig dood en as hy nie, wie is die spook wat op ‘n haar na hom lyk, en wie se lyk is in die lykshuis? Maar dis nie al nie: waar pas PJ die privaatspeurder in? En hoe het die gif in Bakkies se lyf gekom?