No under 18s

Timothy Kieswetter: Kerk Rehab vir die Seks-Mens (Lekkerlag Fees 2024 @ Die Centurion Teater)

Sat Sep 7, 19:00 - Sat Sep 7, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Soos baie volbloed tiener seuns, was ek verslaaf aan pornografie. Kon nie genoeg daarvan kry nie. Maar soos alle goeie Christen mans, het ek dit geveg. Die probleem was, ek het gedog ek veg ‘n demoon, maar eintlik was dit net ‘n hormoon.


Kaartjies:

R250pp - Balkon

R300pp - VIP (Grondvloer) Sluit 'n R300 voucher in om te gebruik op GesondeSeks produkte!


My belangstelling in hierdie hormone lei my tot ‘n loopbaan in seks. 

Hierdie het natuurlik groot innerkonflik vir my veroorsaak. Die pastoor in my, het nie die seks terapeut se genade verstaan nie. Dit was ook nie net ‘n innerlike konflik nie. Ek het myself gereeld onder die kerk se sensuur gevind.


Dit het gevoel asof my gees-mens en my seks-mens my uitmekaar wou skeur. Al twee het ewe hard baklei vir die siel van Timothy Kieswetter.


Totdat ek myself in Kerk Rehab vind. Dit is hier waar ek God in die skadu en geheime plekke begin vind.


Hierdie show, is vir almal wat belangstel om te hoor hoe jou gees-mens en seks-mens saam in dieselfde siel kan lewe.


Kerk Rehab sal jou oë oopmaak tot genade in jou skaamte.