JUAN BOUCHER LIVE @ Will Chris Estate, Witbank

Thu Aug 22, 19:00 - Thu Aug 22, 21:00

Will Chris Estate

ABOUT

Juan Boucher bring vir die eerste keer sy nuwe musiek na die Will Chris Estate in Witbank Mpumalanga! Hy kom deel nuwe treffers soos 'Die Rower', 'Suid', 'Dogter', 'Trein' en ' Koue Hande' asook ou bekendes soos 'Ons word een'; 'Gebore om by jou te wees' , 'Onthou jy om jonk' en 'Ek dink ek mis maar net jou hart'. 


Datum: Donderdag 22 Augustus 2024

Venue: Will Chris Estate, Witbank, Mpumalanga

18h00: DEURE OPEN

19h00: VERTONING BEGIN

Kaartjies: R250pp

(NB: Tafel besprekings en Kos platter bestellings word vooraf gedoen. Skakel of Whatsapp vir Eunice by: +27 82 337 5436)


Juan Boucher is met rede een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars. Sy musiek het die vermoë om jou dansvloer toe te sleep, sy stem skuur soos honderdgrein skuurpapier oor die klank van elektriese kitare en met sy lirieke deel hy digterlik en opreg sy eie lewens ervaring.


Juan het oor die afgelope twaalf jaar bekend geword vir sy vermoë om te kan wissel tussen opgewekde dansmusiek en treffende rock-ballades, maar deur die verskillende genres word die tema van liefde konstant herroep. Deur sy musiek dra Juan sy hart op sy mou en deel hy amper outobiografies stories van nuwe liefde, teleurstelling en soms verlies.

DIRECTIONS

JUAN BOUCHER LIVE @ Will Chris Estate, Witbank
Will Chris Estate
Goud St, Ben Fleur, Emalahleni, 1049
Get Directions