FREE OPTIONS
No under 18s

Kuier Lentedag 2024

Sun Sep 8, 12:00 - Sun Sep 8, 17:00

Kronenburg Landgoed

ABOUT

Skuif jou kroon reg: Kuier vier ons Lentedag-funksie op Sondag 8 September by die Kronenburg-landgoed net buite die Paarl, en dit gaan weer ’n onvergeetlike ervaring wees.


Vanjaar se tema is “Pastel Party”, maar moenie dink dit gaan ’n gedempte do wees nie. Die sanger Angelo Johnson, wat nou te sien is in die telenovela Kelders van Geheime, gaan nes laas jaar ons gaste op hul voete hou. Hy’s terug en gereed om die moves uit te bring met sy aan’iebrand-sang! Dan gaan die Kaapse sangdiva Salome Damons-Johansen jou inspireer met haar musiek en ’n praatjie.


Kom kuier saam met Kuier, wat jou hart en siel verstaan, en kom vier die sagtheid én uitdagings van vrouwees saam met ons by ons Lentedag-funksie. Aangebied deur Miladys en in samewerking met Afrikaans.com, Sheen en Robertson Winery.

 

PLEK: Kronenburg-landgoed, Paarl

DATUM: 8 September 2024

TEMA: Pastel Party

TYD: 12:00 vir 12:30

Kaartjies kos R390 en daar is net plek vir 350 gaste, so bespreek nóú al om teleurstelling te voorkom.

DIRECTIONS

Kuier Lentedag 2024
Kronenburg Landgoed
Malmesbury Rd, Paarl, 7624
Get Directions