4 Panado's en 'n Chardonnay - Ekstra Vertoning!

Thu Aug 15, 18:00 - Thu Aug 15, 21:15

Stage Coach - Santos Express Train Lodge

ABOUT

Na vele versoeke is ons opgewonde om bekend te maak dat ons 'n tweede vertoning van Elsabé Zietsman se uitverkoopte kabaret op Donderdag, 15 Augustus 2024, in ons nuwe Stage Coach-Teater gaan aanbied.




MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel 

TEKS EN REGIE Johann Slabbert 

MUSIEKREGIE Tony Bentel 

VERVAARDIGER Drama Drama


Intelligent, snaaks, bemoedigend – dié kabaret is kuns as kuur – Netwerk24


In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.


Vier Panado’s en ‘n Chardonnay het ‘n Kanna toekenning by die onlangse KKNK ontvang vir Beste aanbieding: Musiek.


"In net meer as 'n uur bied Zietsman en Tony Bentel voor die klavier 'n afgeronde, bedrewe vertoning aan wat salf gee, die humor uitlig in bykans als wat ons hier beleef en dan omgord sy jou met 'n wapenuitrusting om weer in die wêreld te kan uitgaan. Zietsman en teksskrywer Johann Slabbert (Routrip) werk en verken 'n groot emosionele terrein in Vier Panado's en 'n Chardonnay - hul aanslag is lig, intelligent, snaaks en bemoedigend." - Laetitia Pople, Netwerk24 


Tydsduur: 75 minute


Kom geniet net die show of boek 'n vaste prys driegang ete wanneer jy kaartjies koop vir 'n onvergeetlike aand. Ete begin 18:00


Vir meer inligting: +27 44 691 1995

MENU

U keuse uit die volgende :
STARTER
BOERE-BAISE - Tradisionele Franse seekos sop met plaaslike bestandele gemaak
MINESTRONE- ''n Geurige Italiaanse groente sop  (V)
HOOFGEREG
BOTTERVIS - met groenbone en aartappel wiggies
CORDON BLUE HOENDER - met romerige sampioen sousie en kraakvars groente
BEESKERRIE - met geurige rys, salsa en Naan
RISOTTO - gegeur met gepiekelde beet en bedien met gebakte parmesan skyfies (V)
NAGEREG
AARBEI KAASKOEK
HOT MUD PUDDING

* V = Vegetaries vriendlik





 

DIRECTIONS

4 Panado's en 'n Chardonnay - Ekstra Vertoning!
Stage Coach - Santos Express Train Lodge
Munro St, Santos Bay, Mossel Bay
Get Directions