No under 16s

Wolf-wolf hoe laat is dit?

Sat Aug 17, 19:30 - Sun Aug 25, 17:45

Toneelhuis

ABOUT

Na 'n vertoning van die 1962 toneelstuk ‘Who's afraid of Virginia Woolf’, keer Johann en Michelle terug na hulle woonstel, hulle voor(gee)kamer. Hul lewe van tien jaar getroud en veertien jaar saam lê dik en galsterig onder in hul wynglase. Met elke sluk probeer hulle hulself verlos, maar hoe dieper die nag in, hoe harder klop die waarheid aan die deur.

’Wolf-Wolf Hoe Laat Is Dit?’ is ‘n nagmerrie-maalkolk-avontuur wat Johann en Michelle dwing om al hoe stywer vas te klou, want wie weet waar die noodlot hulle gaan uitspoeg…


Met Amalia Uys en Emile Hager

Teks: Emile Hager

Regie: Amalia Uys en Emile Hager 

DIRECTIONS

Wolf-wolf hoe laat is dit?
Toneelhuis
505, Touchstone House, 7 Bree St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8001
Get Directions