Family friendly

Plaas Dans - Drosberg, Paarl

Sat Sep 7, 18:00 - Sun Sep 8, 02:00

Drosberg

ABOUT

Boerman Plaas Dans kom Paarl toe. Kry solank daai dans skoene reg, ons gaan lekker kuier.


Ons steek die braai vure aan, so bring n vleisie saam om op die kole te gooi. Ons gaan lekker om die vuur staan en kuier, stories vertel, grappe maak en die dag geniet met ou en nuwe vriende.


Kontant kroeg sal beskikbaar wees om seker te maak daar is iets vir die keel, geen drank mag in gebring word nie.


Kinders is ook welkom om saam met Mamma en Pappa te kom baljaar.  


Boerman sorg vir lekker dans musiek om julle tot laat nag op die dansvloer besig te hou. Ons speel Afrikaans, Country, Sokkie, Oldies, 80's en lekker kuier musiek.


Kaartjies

Volwasse - R100

Kinders onder 16 - R50


Plek: Drosberg Wedding & Function Venue

R101, Alternative Rd, Du Toitskloof Pass

Datum: 7 September 2024

Tyd: 18:00 - 02:00


Deure maak 18:00 oop met vure waar U kan braai, dansvloer maak 20:00 oop.

DIRECTIONS

Plaas Dans - Drosberg, Paarl
Drosberg
R101, Alternative Rd Du toitskloof 7640, Pass, Paarl, 7646
Get Directions