No under 18s

Bemagtig & Beskerm: Veiligheidswerkswinkel vir vroue

Tue Aug 20, 08:00 - Tue Aug 20, 14:00

Krokodilspruit-skietbaan

ABOUT

“Jy moet besluit: Gaan jy weerbaar wees of gaan jy weerloos gelaat word.” – Ian Cameron, misdaadkenner


Die veiligheid van sy gesin is enige man en pa se grootste prioriteit. Kundiges is dit eens dat die hele gesin betrek moet word by selfverdediging. In baie gevalle redeneer die hoof van die huis hy sal sy gesin kan beskerm, maar hy is waarskynlik die eerste teiken.


Met Landbouweekblad en Safari Outdoor se veiligheidswerkswinkel wil ons vroue toerus met die vaardighede om tydens ’n aanval beheer te kan neem van die situasie.


Sien uit na:



  • ’n Dapper vrou se getuienis oor hoe sy baklei het om te keer dat haar aanvaller haar verkrag en vermoor.
  • Insiggewende wenke vir vroue wat ’n gesin se lewe kan red.
  • ’n Geleentheid om op ’n skietbaan te skiet met ’n pistool, outomatiese geweer, ’n niedodelike wapen en ’n haelgeweer.
  • ’n Gesprek oor vuurwapenwetgewing en hoe om jou lisensie vir ’n selfverdedigingswapen te kry.
  • Stalletjies.
  • Heerlike kos gemaak deur Maradine Whitehorn van My Kitchen Rules, seisoen 2.


Sprekers sluit in: Nadia Gibbens wat in 2012 wreed in haar huis op ’n hoewe buite Bloemfontein aangeval is; Pieter Kemp, verantwoordelik vir landelike en gemeenskapsveiligheid by Vrystaat Landbou; Lianda Swanepoel, van Safari Outdoor is baie bekend met wapens en die beste opsies vir vroue; Ben "Bliksem Booysen, was vir 40 jaar in die SAPD en het die Krugersdorpafspraakmoorde opgelos.


Datum: 20 Augustus 2024

Tyd: 08:00 tot 14:00

Venue: Krokodilspruit-skietbaan, buite Pretoria

Kaartjies: R650 vir vroue (sluit middagete in). Indien ’n vrou haar man wil saambring, kos ’n kaartjie R1 000. Slegs vroue sal die geleentheid kry om te skiet.


Navrae: [email protected]


Moontlik gemaak deur Safari Outdoor en die Krokodilspruit-skietbaan

DIRECTIONS

Bemagtig & Beskerm: Veiligheidswerkswinkel vir vroue
Krokodilspruit-skietbaan
Moloto Rd, Cullinan, Pretoria, 0186
Get Directions