Family friendly

Skoonlief en die Ondier

Fri Aug 9, 14:00 - Fri Aug 9, 15:00

The Showroom Theatre

ABOUT

Elke Doring, kry sy Roos: “Skoonlief & Die Ondier”. Betower gehore, jonk en oud.

‘n Bekende Verhaal van leed en lief. ‘n Gruwelike Ondier ontmoet ‘n beeldskone hartedief. Terwyl die storie ontvou, is daar altyd iets om te onthou. Die oë van liefde, kan dieper kyk. En nooit appels met pere, vergelyk. Maar soms is daar ‘n sluier wat die waarheid verkul en selfs die helde met twyfel omhul. Soos elke verhaal, begin dit eens op ‘n tyd. In ‘n klein ou dorpie met sy eenvoudbeleid. The Stage Performing Arts Studio bied aan, Skoonlief en Die Ondier, ‘n Doodgewone Sprokie. Hierdie tydlose verhaal, sê Da Vat Hy, met energieke choreografie, deur Braeden Buys. Siobhan Taljaard se interessante hervertelling, laat gehore met een gedagte: “O Liewe Jinne, wat gaan volgende gebeur?”. Met die regisseur, Yolande Rabe, kry karakters nuwe perspektief en die tonele pronk met kleurvolle interpretasie. Ankia Erasmus as Skoonlief en Stavros Moshonas as Die Ondier, is hierdie beslis nie ‘n uitstappie om mis te loop nie. 

Soos die roosblare val, raak die tyd te min. Kies net die girl, sodat die storie kan begin

DIRECTIONS

Skoonlief en die Ondier
The Showroom Theatre
43 Church St, Prince Albert, 6930
Get Directions